KV40

KV40
Die grafkelder van koninklikes van die
18de Dinastie
Die plan van KV34.
Die plan van KV34.
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek 1899
Uitgrawings deur Victor Loret (1899)
Universiteit van Basel
Versiering Onversier
← Vorige
KV39
Volgende →
KV41

KV40 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was waarskynlik die grafkelder van koninklikes van die 18de Dinastie, hoewel oorblyfsels ook gekry is uit die latere 22ste Dinastie. Uitgrawings is in 1899 deur Victor Loret gedoen, maar geen verslag is gepubliseer nie.[1]

Uitgrawings in 2014 het die oorblyfsels ontbloot van minstens 50 minder belangrike lede van die koninklike familie in verskeie kamers. Hoewel die grafkelder verskeie kere in antieke tye en aan die einde van die 19de eeu beroof is, het dit nog baie fragmente van begrafnistoerusting bevat, soos doodskiste en tekstiele.[2]

  1. "KV 40 (Unknown)". Theban Mapping Project. Besoek op 15 April 2021.
  2. "Egyptologists identify tomb of royal children". HeritageDaily. 28 April 2014. Besoek op 1 Mei 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy